Loading Events

Full Circle bring SA-gebore violis Johanna Roos en pianis Roelof Temmingh Jnr, albei vooraanstaande alumni van die Royal College of Music in Londen, bymekaar vir ‘n boeiende uitvoering wat Roelof Temmingh Snr se Sonate vir Viool en Klavier sal insluit. Die program delf verder in ’n gevarieërde tapisserie van klanklandskappe, deur Schubert se monumentale Fantasie in C majeur en Poulenc se opregte Sonate vir Viool en Klavier, opgedra aan die Spaanse digter Lorca, met sy evokatiewe kitaareffekte in die viool. Beethoven se 6de Vioolsonate in A Major, ‘n juweel van vernuwende duo-skryfwerk, vol gelyke briljante samespel, rond hierdie uitsonderlike program af deur twee uitstaande besoekende SA musikante.

Share This Story, Choose Your Platform!