Gedenkkonsert Justen Hosken
4 June 2022 @ 7:00 pm - 8:30 pm
| R100 – R140As gevolg van ‘n ernstige motorongeluk op 2 March 2022 is die Kaapstadse sanger-liedjieskrywer-ghitaarspeler Justen Hosken oorlede op 10 Maart. Hosken – bekend vir sy musiektalent as leiersanger van Rabbit Black – was ‘n beskeie en sensitiewe persoon. Hy was ‘n finalejaar BMus-student aan die Universiteit, en was ‘n vaardige klassieke, akoestiese en elektriesse ghitaarspeler, en het ‘n verskeidenheid style en genres beheer.
Vir sy gedenkkonsert op Saterdag, 4 Junie, om 7nm sal verskeie klasmaats, vriende en dosente optree. Damian Christians sal uittreksels uit Bolling se Concerto vir klassieke ghitaar en jazz-trio uitvoer, tesame met basspeler Roxane Steffen en pianis Elna van der Merwe. Marius Otto sal ‘n deel uit Villa-Lobos se Ghitaarkonsert speel, en Brent January ‘n deel uit Rodrigo se Concerto de Aranjuez. Die Stellenbosch Ghitaarkwartet se bydraes sal werke van Brouwer, Boccherini en Assad insluit. Verkeie klasmaats en alumni sal gehoor word in ‘n ghitaarweergawe van Villa-Lobos se Bachianas Brasileiras no.5, soos verwerk deur Roland Dyens.
Die ongeluk het meegebring dat Justen etlike operasies moes ondergaan, met aansienlike rekenings vir hospitalisasie en ander mediese kostes. Alle kaartjie-inkomstes van die konsert sal in die Justen Hosken Memorial Fund gestort word. Addisionele skenkings sal ook verwelkom word.
Hou asseblief in gedagte dat alle lewendige aanbiedings onderworpe is aan die 50% kapasiteitsbeperkings, en dat die die Universiteit se veiligheidsprotokolle ook van toepassing is vir die Endlersaal.
Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans beskikbaar by Quicket en by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.
Ter herinnering aan Justen Hosken (8 Mei 1994-10 Maart 2022).