Gottlieb Wallish (klavier) & Jeremy Joseph (orrel)
22 September 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Suid-Afrikaanse orrelis Jeremy Joseph, besoek Stellenbosch saam met pianis Gottlieb Wallish, vir ‘n uitvoering van werke vir orrel en klavier, van J.S. Bach, Franck, Langlais, Dupré en Flor Peeters.
Gottlieb Wallish is ‘n pryswenner van etlike internasionale klavierkompetisies, waar onder die eerste prys en die Grand Prix by die Strawinski Internasionale Klavierkompetisie. Hy was ook ‘n finalis by beide die Koningin Elizabeth Kompetisie in Brussels (1999), en die 21ste Clara Haskil-kompetisie in Vevey in 2005.
Jeremy is tans orrelis van die Weense hofkapel (Hofburgkapelle) waar hy ook gereeld deel vorm van die Sondag-mis, saam met die Weense Seunskoor en die Weense Filharmonie.
Die konsert vind plaas op Vrydag 22 September om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.
Kaartjies is beskikbaar teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.