Grobler en Martens Trio
4 March 2017 @ 6:00 pm - 8:00 pm
| R100 – R130Die bekende en gewilde plaaslike musici verbonde aan die Universiteit se Musiekdepartement, pianis Pieter Grobler, violis Suzanne Martens en tjellis Peter Martens, sal klaviertrios van Debussy, Schumann en Sjostakowitsj uitvoer. Die Trio het sy ontstaan te danke aan die Woordfees 2017, met die taak om kamermusiek van die hoogste gehalte te lewer.
Sjostakowitsj se eerste trio dateer uit 1923. Dié eendelige werk kom eintlik neer op ‘n 20ste-eeuse karakterstuk, wat onvoltooid gelaat is terwyl die 17jarige komponis beplan het vir sy eerste simfonie. Soortgelyk is Debussy se trio ook ‘n jeugwerk, terwyl hy in Italië werksaam was as begeleier vir Nadeshda von Meck se dogters. Ook Schumann se trio is ‘n jeugwek, maar met ‘n uitdrukkingskrag wat 5eeds getuig van meesterskap.
Die uitvoering vind plaas op Saterdag 4 Maart om 18h00 in die Fismersaal.