Loading Events

Die Endler Konsertreeks is die gasheer vir die gevierde pianis  Gustavo Romero op Sondag, 6 Augustus om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch. Hy is bekend vir sy dubbele gawe vir sowel tegniese glans as sy vertolkingsvermoëns. Sy diepgaande studie van individuele komponiste is ‘n bonus. Hy is ‘n gebore Kaliforniër van San Diego, en met ‘n agtergrond van Mexico. Sy liefde vir die musiek dateer reeds uit sy vyfde jaar toe hy die klavier by die bure ontdek het. Sy opleiding was aan die Juilliard Musiekskool, waar hy ‘n Baccalaureus- en meestersgrade ontvang het.

Hy was in 1989 die wenner van die gesogte Clara Haskil Internasionale Klavierkompetisie in Switserland. Ander toekennings sluit in die Avery Fisher-beurs, die Musical America Jong kunstenaar van 1988, en die Maurice Braun-toekenning van die Historiese Vereniging van San Diego.

Kaartjies vir R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket en ook by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!