Loading Events

Shirt of Fire / Hemp van Vlam, is ‘n verhoogstuk uit die pen van Pieter Cilliers, is ‘n enkel-akteur opera, met as tema die kuns en poësie van die gevierde vrouedigter Sheila Cussons.

Twaalf gedigte uit Cussons se lewenswerk vertel die verhaal, met musiek van Hendrik Hofmeyr – tans hoof van Musiekteorie en Komposisie aan die Musiekkollege in Kaapstad.

Die mezzo-sopraan Jolene McCleland, pas terug van Wenen, is bekend vir haar vertolkings van eietydse musiek, sal aan die klavier bygestaan word José Dias, repetiteur en pianis van die Kaapstadse Opera, asook klarinettis Visser Liebenberg.

Die talentvolle Cussons het haar na afloop van die Tweede Wêreldoorlog in Amsterdam bevind. Sy was ‘n student van grafiese kuns en beginner-digter. Haar verhouding met die digter en haar mentor, N.P. Van Wyk Louw, en ‘n onverklaarbare gasontploffing is twee van die lewenservarings wat haar lewe ingrypend sou beïnvloed, soos ook ernstige lewenslange gesonheidsprobleme as gevolg van brandwonde, meervoudige veloorplantings en amputasie van liggaamsdele. Die monodrama Hemp van Vlam is ‘n ondersoek na die moontlike skakels tussen geestesongesteldheid en skeppingsvermoëns, en die soeke na innerlike vrede.

Share This Story, Choose Your Platform!