Loading Events

Hendrik Hofmeyr is een van Suid-Afrika se bekendste komponiste. Ter viering van sy 60ste verjaardag kom musici soos Jolene McCleland (mezzo-sopraan), die Odeion Strykkwartet, Anmari van der Westhuizen (tjello), Suzanne Martens (viool) en Elna van der Merwe (klavier) byeen vir ‘n uitvoering van Hofmeyr-kamermusiek. As ‘n ervare liedkomponis is dit gepas dat sy Of Darkness and the Heart, ‘n toonsetting vir strykkwartet en stem, ook ingesluit word. Ander Hofmeyr-werke op die program is sy eerste strykkwartet, eerste vioolsonate, en sy Cadenza vir solo-tjello, met Anmari van der Westhuizen as solis.

Die uitvoering vind plaas op Sondag 5 Maart om 16h30 in die Fismersaal.

Share This Story, Choose Your Platform!