Loading Events

Her Flute Space vertoon vier komposisies vir fluit(e) deur kontemporêre vrouekomponiste Lize Briel, Elizabeth Brown, Clare Loveday en veteraan-baanbreker komponis, Thea Musgrave. Hierdie fluitwerke verken akoestiese klank wat deur verskeie ruimtes beweeg. Die program spoor ’n mens aan om akoestiek as ’n argitektoniese “boog” (Brown), die konsertsaal as ’n duetmaat (Briel), die Onderwêreld as klankkapsule (Musgrave) te sien, en om aangrypende minimalistiese klanke wat met sterlig in die sterrestelsels geassosieer word (Loveday) te identifiseer. Die werke word uitgevoer deur die fluitspelers Esther Marie Pauw en Lize Briel, saam met lewendige akoestiek en met opgeneemde optredes deur die fluitspeler James Galway op magnetise band. Die opvoering bevat ook die werk van klereontwerper Mareleen Theron, met bykomende elemente van beligting en choreografie.

Share This Story, Choose Your Platform!