Loading Events

Die jaarlikse Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie, nou in sy 35ste bestaansjaar, het ongetwyfeld een van die hoogtepunte van die SA musiekkalender vir die jongste uitskieters geword. Die kompetisie is die breinkind van professor Hubert van der Spuy, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (Tygerberg-tak), en ‘n legendariese SA musiekopvoeder. Die US Departement Musiek is trots om vanjaar vir die eerste keer saam met die SASMT ‘n mede-aanbieder van die kompetisie te wees.

Hierdie instrumentele kompetisie is tans die enigste in sy soort in Suid-Afrika, en bied ‘n unieke geleentheid vir kinders van 13 jaar en jonger om teen hul eweknieë van regoor die land mee te ding. Verskeie vorige wenners van die kompetisie het nie net na tersiêre musiekstudies gegaan nie, maar het self bekroonde kunstenaars en opvoeders geword. Sommige het selfs teruggekeer na die kompetisie as lede van die beoordelingspaneel of het as leermeesters van baie van die jonger geslagte se pryswenners opgetree.

Toegang is gratis vir al die geleenthede wat lei tot die Finale Rondte Galakonsert, wanneer 8 finaliste meeding om top-eerbewyse, en waarvoor kaartjies deur webtickets bespreek kan word.

Share This Story, Choose Your Platform!