Jeugkonsertfees
19 August 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks vier die Jeugkonsertfees op Saterdag 19 Augustus om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Jong suksesvolle soliste sal optree saam met die Universiteit se Simfonieorkes onder die leidng van Prof. Corvin Matei. Die Fees vind elke twee jaar plaas, as ‘n springplank vir afgeronde klassieke instrumentaliste en sangers, en ‘n geleentheid om saam met ‘n simfonieorkes op te tree.
Die soliste van die aand is Nicole van Wyk (slagwerk), Lynn Rudolph (altviool), Celeste Botha (klavier), James George (tromboon), Emilio February (marimba), Lusibalwethu Sesanti (vokaal), Rian Smit (fluit), Féroll-Jon Davids (klarinet), Lyle Potgieter (fluit), Chris Njapa (tjello), Van Wyk Venter (vokaal), Cameron Williams (klarinet), Kevin Topkin (klavier), André Visser and Joshua Frank (hobo).
Die program behels enkeldele uit elk van die volgende werke: Milhaud se concerto vir slagwerk en klein orkes, Walton se Altvioolkonsert, Ravel se Klavierkonsert in G-majeur, Stephenson se Tromboonkonsert vir die jeug, Hofmeyr se Concerto vir marimba en orkes, ‘n uittreksel uit Khumalo se opera Princess Magogo, soos verwerk deur Peter Klatzow, Roosenschoon se To the Tune of…, dele uit Mozart se klarinetkonsert en ‘n klavierkonsert (K482), Borne se Fantaisie brilliante op melodieë uit Bizet se Carmen, Haydn se tjellokonsert in C-majeur, Weber se tweede klarinetkonsert en Vivaldi se dubbelkonsert vir twee hobos.
Kaartjies vir R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket en ook by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.