Loading Events

Die Jeugvieringskonsert  stel jong kunstenaars voor: Megan-Geoffrey Prins (klavier), Lisa van Wyk (fluit) en David Cyster (klarinet) in ‘n program wat Mozart se Fluitkwartet, K. 285, Beethoven se Trio, op. 11 (Gassenhauer) vir klarinet, tjello en klavier, asook Schumann se klavierkwartet, Op. 47 sal insluit. Die trio,  Suzanne Martens (viool), Karin Gaertner (altviool) en Peter Martens (tjello) is lede van die Amici Strykkwartet, en is reeds bekendes by plaaslike gehore. As ‘n spesiale gebaar aan Allan Stephenson, die Kaapstadse komponis wat in 2021 oorlede is, sal die trio ook sy aantreklike Stryktrio uitvoer.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenrisse, studente  en skoliere) is tans beskikbaar by Webtickets en by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!