Loading Events

As deel van die Endler Konsertreeks sal pianis José Dias ‘n program wy aan die genre van klavierballades. Dit vind plaas op Saterdag, 4 November om 20:00 in die Endlersaal, Stellenbosch.

Hierdie is ‘ unieke program om die luisteraar bekend te stel aan uitsonderlike “vertellende” musiek, in die vorm van klavierballades van Brahms, Grieg, Fauré, en die Suid-Afrikaanse komponis, Hendrik Hofmeyr. Die werke is uitgebreide enkeldeelwerke, met heelwat dramatiese kontraste, liriese momente en intense musikale digkuns.

José Dias het die BMus Honneurs-graad cum laude van die Universiteit van Stellenbosch verwerf, met spesialisering in klaviersolo-uitvoering. Na verdere studie aan die Hochschule für Musik und Theater in Zürich (Switserland), het hy teruggekeer na Suid-Afrika, en ‘n pos aanvaar as repetiteur by die Kaapstad Opera, ‘n poisie wat hy tot 2011 beklee het. Dias is tans besig met ‘n PhD-studie in Solo-uitvoering aan die Universiteit van Kaapstad, onder leiding van Proff. François du Toit en Hendrik Hofmeyr, en is ook ‘n deeltydse dosent aan die Musiekkollege daar.

Share This Story, Choose Your Platform!