Loading Events

Besiel deur ‘n gedeelde liefde en entoesiasme vir kamermusiek van die hoogste gehalte, het vier Kaapstad-gebaseerde instrumentaliste hul ervaring en passie saamgespan in die Juliet-strykkwartet. Die kwartet, wat in 2014 gestig is, se huidige lede is die violiste Annien Shaw en Matthew Stead, die altviolis Remi Ludick en die tjellis Babette Roosenschoon. Die uitvoering sal werke van Haydn, Dvořàk, en die wêreldpremière van ‘n nuwe werk van Franco Prinsloo, ‘n opdragwerk vir hierdie uitvoering, insluit.

Share This Story, Choose Your Platform!