Loading Events

Sopraan Lauren Dasappa, tenoor Xander Kritzinger, en pianis Hanneke Zwamborn-Basson bied ‘n aandprogram van Brahms-liedere aan, wat ons kollektiewe menslikheid verklank. Hierbenewens ook die eerste uitvoering van ‘n versameling van 10 Afrikaanse volksliedjies, verwerk deur Xander Kritzinger.

Dasappa interpreteer opera- en oratoriumwerke, en  en is ook nou betrokke by die bewusmaking van klassieke Afrika-musiek. Kritzinger is ‘n gevestigde koorleier, tenoor en komponis van vokale musiek. Sy loopbaan het begin as lid van die gevierde Drakensberg Seunskoor. Zwamborn-Basson het haar Mmus-sytudies aan die Universiteit van Stellenbsch voltooi, voor verdere studie aan die Sweelinck Konservatorium in Amsterdam. Sy is tans musiekonderwyser vir klavier aan die Hoërskool  Stellenbosch.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenrisse, studente  en skoliere) is tans beskikbaar by Webtickets en by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!