Kaap, Mzanzi & Beyond – Libertaskoor
4 March 2017 @ 4:30 pm - 6:30 pm
| R100 – R130Die aanbieding met die titel Kaap, Mzansi and Beyond het ‘n sterk eg-Kaapse inslag, en sluit ook besoeke aan die res van ons land en daar buite in. Verskeie opdragverwerkings word vir die eerste maal uitgevoer, waaronder ‘n keurspel District 6: The Musical, deur Camillo Lombard, Pacific Express se I hear music deur Ramon Alexander, die eietydse himne In Christ Alone deur Gerhard Niemand, asook Amanda Strydom se Ek loop die pad en Joshua na die reën, en Lig op die horison deur Melissa van der Spuy. Daarbenewens word ‘n aantal a cappella-motette, onder andere And the Mother did weep, van die Walliese komponis Karl Jenkins uitgevoer. Outentieke vertolkings van tradisionele Zulu volksmusiek voltooi die aanbod van hierdie musikale reis. Die Libertaskoor tree op onder leiding van Johan de Villiers met Ramon Alexander as klavierbegeleier.
Uitvoerings op Saterdag 4 Maart om 16h30 en Sondag 5 Maart 11h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.