Kaapstadse Filharmoniese Orkes met Antonio Pompa-Baldi
8 April 2022 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R250Die Endler Konsertreeks bied graag aan: die Kaapstadse Filharmoniese Orkes onder die leiding van Bernhard Gueller, op Vrydag 8 April om 8 nm in die Endlersaal, Stellenbosch.
Die bekende klavierspesialis, Antonio Pompa-Baldi, gee ‘n voordrag van Beethoven se vyfde klavierkonsert (Keiserkonsert). Hy was die pryswenner van die Franse Marguerite Long-Jacques Thibaud Kompetisie in Parys (1998), en silwermedaljewenner by die Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie (2001). Pompa-Baldi is ‘n bekende en geliefde kunstenaar, sowel plaaslik as internasionaal. Sy begaafdheid is al beskryf as “… aangedryf deur ‘n bodemlose tegniek en ‘n egte liefde vir die musiek….”
Bernhard Gueller is ‘n internasionaal bekend as dirigent; hy is tans die Hoof-Gasdirigent van die Filharmonie, en bekroonde Musiekdirekteur van die Simfonieorkes Nova Scotia, Kanada. Insgelyks is hy bekend vir sy buitengewone musikale leiding, vertolkingskuns en vaardigheid in sy kommunikasie met musici op die verhoog.
Die openingswerk is die
Die openingswerk is die Beethoven Marcia funebre uit Simfonie Nr. 3 Eroica, en sluit met Brahms se sublieme tweede simfonie.
Konserte op beide Vrydag 18 Maart en Saterdag 19 Maart begin om 8 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Hou asseblief in gedagte by alle lewendige aanbiedings daar ‘n beperking van 100 luisteraars in die saal is, en dat alle veiligheidsprotokolle van die Universiteit streng nagevolg word. Die Filharmonie vereis verder dat alle konsertgangers óf ingeënt is, óf in besit is van ‘n negatiewe Covid-toets nie ouer nie as 48 uur.
Kaartjies teen R250 is tans beskikbaar by Computicket en by die deur ‘n uur voor aanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.