Loading Events

Beste vriende en patronate

Hoewel moeilik vir ons, moet ons meedeel dat ons planne vir lewendige uitvoerings vir 100 luisteraars in Junie ongelukkig nie kan voortgaan nie. Soos ons weet, ondervind die Wes-Kaap tans ook ‘n toename van COVID-19 infeksies, met ‘n toename van meer as 30% gedurende die afgelope week, soos aangekondig deur Premier Alan Winde vroeër vandeesweek.

Aan die Universiteit van Stellenbosch het ons Institusionele Komitee vir Voortgesette Besigheid byeengeko om dié aangeleentheid te bespreek. Ten einde die pandemie doeltreffend te hanteer, het die Komitee – op advies van provinsiale owerhede – die besluit geneem om alle sosiale en ander groepsaktiwiteite wat die Universiteit sou raak, op te skort. Met die einde van die eerste semester in sig, en die komende eksamentydperk, is die veiligheid van ons studente, personeel en patronate ons eerste prioriteit.

Ons het geen ander keuse nie as om die Endlersaal te sluit. Alle etensuurkonserte sal tot verdere kennisgewing gekanselleer word. Ons hoop natuurlik om gedurende die tweede semester terug te wees met konserte, maar sal eers die effek van die derde pandemie-vlaag moet afwag, en intussen hou by alle gesondheids- en veiligheidsmaatreëls van die Universiteit.

Ek is persoonlik diep teleurgesteld oor hierdie ongerief.

Bly asseblief veilig.

Vriendelike musiekgroete

Fiona

Brahms Klavierkwartet in G mineur op. 25

i. Allegro

ii. Intermezzo: Allegro ma non troppo — Trio: Animato

iii. Andante con moto

iv.Rondo alla Zingarese: Presto

Uitgevoer deur:

Alex Beaven (klavier)
Zoë Coetzee (viool)
Dawid Botes (altviool)
Estelle Kemp (tjello)

Share This Story, Choose Your Platform!