Loading Events

Die Musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch se plaaslike Kommitee vir Eietydse Musiek (KEMUS), is die gasheer vir ‘n spesiale konsert in die Endler Konsertreeks.

Die konsert met die titel Offenders word aangebied deur die komponis-direkteur Nina Ghayem, ‘n Iranese doktorale student in Komposisie aan die Konservatorium. Sy is reeds sedert 2004 aktief as pianis, en lid van die Contemporary Music Group en die Iraanse Orkes vir Nuwe Musiek en die Yarava Music Group in Teheran. Vir hierdie uitvoering sal Nina lewendige elektronika gebruik. Ander lede van die ensemble is die aktrise Lizzy Richardson, pianis Blaine Josephs, violis Jason Vicky Oppelt en klarinettis Cameron Williams.

Share This Story, Choose Your Platform!