KOMPOS
3 June 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R30 – R50Die Endler Konsertreeks bied graag die KOMPOS-kamermusiekkonsert op Saterdag 3 Junie om 20h00 in die Endlersaal. KOMPOS is ‘n departmentele organisasie wat dit ten doel het om werke van studentekomposisies aan die Musiekdepartment van die Universitiet van Stellenbosch bekend te stel. Sulke uitvoerings word vir elke semester beplan.
Die program – onder die titel “Et Cetera” – sluit in werke van innoverende aard, insluitende die Phax-trio, ‘n unieke blasers-trio, met tuba, euphonium en altsaxofoon. Die kunstenaars is die hoofspelers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes, Shaun Acker, Andrea Fisher-Jeffes en Zhaun Gorridon. Komponiste wie se werk ingesluit word is Kristi Boonzaaier, Natali Frenz, Jesse Dreyer, Carlie Schoonees, Marco Nachenius en Kirsten Adams.