Loading Events

Die Endler Konsertreeks, in samewerking met KOMPOS bied ‘n fees van nuwe orkesmusiek deur jong Stellenbosse omponiste. Soos die naam van die organisasie (Kompos) mag suggereer, streef KOMPOS na die vestiging en uitbouing van ‘n stimulerende omgewing vir komposisie-studente van die Unversiteit se Musiekdepartement. Die projek, wat in 2010 deur Antoni Schonken, Arthur Feder en Tricia Theunissen geïnisieer is,  onder die leiding van Prof Hans Roosenschoon gestaan het, wil geleenthede vir opkomende komponiste en dirigente daarstel.

Die tema Et Cetera, ‘n hulde aan Hans Roosenschoon, was die dryfveer agter die konsert se eklektiese versameling van musikale skeppings. Dit is deur middel van hierdie bydraes dat die komposisiestudente hulde wil bring aan Roosenschoon se werk as komposisiedosent aan die Universiteit se Musiekdepartement.

Die eerste helfte bevat werke vir kamerorkes van Katya Zoio, Marco Nachenius, Kristi Boonzaaier, Kelsey Muller, Kirsten Adams, Jesse Dreyer en Carlie Schoonees, en die universiteit se kamerorkes sal onder die leiding van prof. Corvin Matei staan.

Die tweede helfte betrek die werk van studentekomponiste Marco Nachenius, Natali Frenz en Leonore Bredekamp, in samewerking met die Stellenbosch Universiteit se Blaasorkes. Hierdie ensemble sal sorg vir die die eerste uitvoering van hierdie werke, asook vir die werk van Antonii Schonken en Arthur Feder, en sal gelei word deur dirigent Reghardt Kühn.

Share This Story, Choose Your Platform!