Lank, lank gelede
9 March 2017 @ 8:30 pm - 9:30 pm
| R100 – R130Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blaasensemble met trots ‘n konsert vir die hele gesin op Donderdag 9 Maart om 20h30, in Stellenbosch Stadsaal. Die konsert dra die titel “Lank, lank gelede”(of “Once upon a time…” (Duits: Es war einmal…; Vlaams: Er was eens…), wat ook die titel is van die hoofwerk van die aand, ‘n komposisie van die Vlaamse komponis Jan van der Roost.
Die openingswerk is Temas uit die ouverture tot Die Towerfluit, soos verwerk deur Mike Hannickel. Die Vlaamse teks vir Lank, lank gelede is deur Karen Maritz in Afrikaans vertaal, iets waardeur hierdie Belgies/Suid-Afrikaanse samewerking deur ‘n spesiale plaaslike geur verryk word.
Die Blaasensemble sal die verhoog deel met die Paarlse Primêre Seunskoolkoor en die ERUB Kinderkoor, respektiewelik onder leiding van oud-Matie, Martjie Burger en ‘n vroeëre dosent aan die Musiekdepartement, Keith Jenneker. Vir die rolle van verteller en ander akteurs is die samewerking van die Universiteit se Dramadepartement verkry: die verteller self is Prof. Petrus du Preez, hoof van die Dramadepartement.
Die internasionaal bekende Belgiese dirigent, Rik Ghesquière, sal die leiding neem vir hierdie unieke uitvoering. Dié geleentheid is reeds die derde een waarby Ghesquière betrokke sal wees as gasdirigent van die Blaasensemble.
Leerlinge van plaaslike primêre skole word uitgenooi om hierdie opwindende aand mee te maak, en sò bekende feëverhale “lewendig” te sien.