Loading Events

Die Libertas-koor bied jou ‘n populêre program van hoogtepunte uit 12 operas van 8 komponiste. Die uitvoering is ook ‘n afskeid van die koor se gewilde leier Johan de Villiers, wat vir meer as 20 jaar voor hulle gestaan het. De koor sal verder ondersteun word deur ‘n simfonieorkes en die sangers Hlengiwe Mkhwanazi, Minette du Toit-Pearce, Sipho Fubesi, Conroy Scott en Thato Machona. Van die hoogtepunte is uittreksels uit Mozart se Towerfluit, Bizet se Carmen en Die Pêrelvissers, en Cavalleria Rusticana van Mascagni. Ná die bekende selstet uit Donizetti se Lucia di Lammermoor, sluit die konsert af met Verdi se Va, pensiero uit Nabucco, en die oorrompelende Triomfmars uit Aïda.

Kaartjies teen R250 is tans beskikbaar by Webtickets. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!