Lukas Vondracek (klavier) Wenner van 2016 Queen Elizabeth Piano Competition
9 June 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks se Prestige-reeks bied met trots die pianis Lukas Vondracek aan. Hy was die 2016-wenner van die Koningin Elisabeth Klavierkompetisie.
Vondráček is die seun van twee professionele pianiste wat sy uitsonderlike talent reeds as tweejarige raakgesien het. Sy eerste openbare optrede was reeds op vierjarige ouderdom, en sy debuut in 2002 met die Tsjeggiese Filharmonie en Vladimir Ashkenazy, gevolg deur ‘n uitgebreide Amerikaanse toer in 2003. Sy ongekunstelde en selfversekerde musikaliteit het sedertdien gelei tot die status van ‘n begaafde meestermusikus, en as wenner by die 12de Internasionale Unisa Klavierkompetisie van 2012. Hy word sedertdien gereeld in Suid-Afrika gehoor. Sy program vir die Endlersaal sluit in Novak se Herinneringe, op. 6; Liszt se Transendentale Etude No. 9 (Ricordanza), Chopin se Scherzo, op. 20, Brahms se Scherzo, op. 4 and Brahms se eerste Sonate.
Die konsert vind plaas op Vrydag 9 Junie om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.