Maria du Toit (klarinet) & Nina Schumann (klavier)
12 November 2016 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Vir die laaste konsert van die jaar bied die Endler Konsertreeks graag die bekende klarinettis, Maria du Toit, saam met pianis Nina Schumann, op Sateurdag 12 November om 20h00 in die Endlersaal.
Die Suid-Afrikaanse klarinettis Maria Du Toit word algemeen erken as een van die bestes in die veld, en ‘n belangrike verteenwoordiger van die land se musikale uitvoerprodukte! Na dertien jaar as die eertse speler in die Kaapse Filharmonie, woon sy nou in Nederland, waarvandaan sy ‘n voltydse beroep as Europese solis en kamermusiekmusikus beoefen. Pianis Nina Schumann, eweneens internasionaal bekend, en hoof van die klavierafdeling aan die Universiteit van Stellenbosch. Afgesien van ‘n veeleisende loopbaan as solis en akademikus, is sy ook bekend vir haar ywer om die musiekkulturele omgewing van Stellenbosch te bevorder. Hierbenewens is haar versiendheid met die beide die Internasionale Kamermusiekfees en Klaviersimposia by die Musiekdepartement noemenswaardig.
Dié twee kunstenaars se program sal Peter Klatzow se Klarinetsonate insluit, asook werke van Kovacs, t.w. sy Variasies op ‘n Hongaarse volksliedjie, After you, mr. Gershwin! en Sholem-alekhem, rov Feidman! Van die Poolse komponis Lutosławski verskyn die Danspreludes, asook Johnson se Colour Keys for solo clarinet en Horowitz se Sonatine vir klarinet en klavier ook op die program.
Hierdie uitvoering is ‘n belofte van uitsonderlike vaardigheid en plaaslike kunstenaarskap van internasionale formaat.
Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket en by die deur.
Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.