Loading Events

Die Woordfees in samewerking met die Endler Konsertreeks stel u graag voor aan die Suid-Afrikaanse pianis Megan-Geoffrey Prins. Prins is verteenwoordigend van die belangrikste van die jongergeslag Suid-Afrikaanse konsertpianiste. Sy indrukwekkende verhoogpersoonlikheid en suksesse by verskillende kompetisies het hom reeds wye bekendheid besorg as ‘n pianis met uitnemende tegniese vaardighede en oorweldigende musikaliteit. .

Die eerste helfte van sy program sluit in Beethoven se klaviersonate op. 53 (Waldstein) en Rzewski se Winnsboro Cotton Mill Blues, en in die tweede helfte second Liapunof se Etudes d`Exécution Transcendante. Hierdie uitsonderlike komposisie is ‘n soort “voortsetting” van Liszt se komposisie met dieselfde naam (1826). Liapunof se 12 etudes het in 1897–1905 ontstaan, waarby dié Russiese komponis daardie toonsoorte gekies het wat Liszt nie gebruik het nie.

Die program is een wat normaalweg slegs van gesoute virtuose verwag kan word; die luisteraar kan verseker wees van ‘n vertoning wat sal getuig van ‘n musikale talent wat ver bokant Prins se jeugdige ouderdom geleë is.

Die jong pianis is tans besig met die afsluiting van sy doktorale studies aan die Cleveland Institute of Music, waar hy onlangs die magistergraad behaal het as student van Antonio Pompa-Baldi. Prins was vroeër student aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy die BMus-graad onder leiding van Nina Schumann en Luis Magalhães behaal het.

Share This Story, Choose Your Platform!