MENDELSSOHN se ELIJAH – olv Johan de Villiers
16 November 2024 @ 3:00 pm - 5:00 pm
| R320As finale aanbieding van die 2024 Endler Konsertreeks, dirigeer Johan de Villiers op 16 en 17 November twee uitvoerings van Felix Mendelssohn se oratorium Elijah. As soliste tree Brittany Smith (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Siphesihle Mdena (tenoor), en Conroy Scott (bas) op. Scott pronk ook in die titelrol van Elijah, waarvoor hy na afloop van die 2018 Toyota Woordfees aangewys is as Beste Vertolker in ‘n Vokale Klassieke Musiekproduksie.
Die koor van meer as 100 sangers bestaan meestal uit oud-lede van die Libertaskoor, maar word ook aangevul deur ander talentvolle koorsangers uit die Wes-Kaap. Die orkes bestaan uit 45 uitstaande instrumentaliste met Petri Salonen as konsertmeester. Die orrelbegeleiding word waargeneem deur Zorada Temmingh.
16 & 17 Nov