This event has passed.
Messiah met Canticum Novum & Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes
1 April 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks bied op Saterdag 1 April (om 20h00) en Sondag 2 April (om 16h30) Händel se oratorium Messiah aan. Beide uitvoerings vind plaas in die Endlersaal, Stellenbosch. Die koorvereniging Canticum Novum voer hierdie gewilde werk uit saam met die University van Stellenbosch se Simfonieorkes (USSO), onder die leiding van Louis van der Watt.
Vanjaar is die 20ste jaar van Canticum Novum-uitvoerings van gewyde musiek. Dit is een van die oudste Suid-Afrikaanse kore van gewye musiek, en bestaan hoofsaaklik uit jong werkende mense en studente.
Soliste sal van die Universiteit se bestes wees. Händel se bekendste koorkomposisie is altyd gewild by die publiek, en is die ideale musikale Paasfeesgeleentheid.