Metamorfose
9 March 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R130Op Donderdag 9 Maart om 20h00 in die Endlersaal lewer die Universitiet van Stellenbosch se Camerata onder leiding van Leon Bosch ‘n uitvoering van Mozart se Klavierkonsert K414 en Richard Strauss se Metamorphosen vir 23 solostrykers.
Die Camerata is a dinamiese kamerorkes wat bestaan uit dosente en studente van die Musiekdepartement, met Suzanne Martens as konsertmeester. Die Camerata het pas ‘n CD-opname onder die Sony Classical-etiket vrygestel, spog reeds met uitvoerings saam met internasionale kunstenaars soos Tim Kliphuis en soliste Joshua Bell en Pinchas Zukermman. Vir hierdie konsert staan die Camerata onder die leiding van Leon Bosch, ‘n bekende by Suid-Afrikaanse gehore as begaafde kontrabasspeler, met uitgebreide ervaring as dirigent In Engeland en Rusland.
Megan-Geoffrey Prins, die gevierde jong Stellenbosse pianis (tans in die VSA), is die solis in Mozart se klavierkonsert. In ‘n brief aan sy vader Leopold, het Mozart die drie concertos van 1782 beskryf as “… iewers tussen te makik en te moeilik … musiek vir beide fynproewers en amateurs…”. KV 414 word beskou as die aantreklikste van die drie, met sy ongekompliseerde opeenvolging van melodieë en gemaklike bravura.
Strauss se Metamorphosen – een van sy indrukwekkendste kamermusiekwerke – is aan die begin van 1945 voltooi. Die werk is ‘n dokument waarin sowel die komponis die verwoesting om hom betreur, en ‘n nostalgiese bepeinsing van veroudering en verandering. Die Metamorphosen word selde in Suid-Afrika gehoor, en hierdie uitvoering is ‘n rare geleentheid om die uitnemend meesleurende werk eerstehands te ervaar.