Loading Events

Die internasionaal bekende klarinettis, Michaels Collins, tree op saam met die ewe bekende pianis Luis Magalhães. Collins se virtuose en sensitiewe vaardigheid het hom in staat gestel om een van die voorste eksponente van die instrument te word. Magalhães het eweneens ‘n internasionale en plaaslike loopbaan as solis, kamermusikus en onderwyser tot sy krediet. Hierdie konsert bied ‘n uitvoering van Schumann se Fantasiestücke, Bartók se Aand in die dorp, Brahms se tweede klarinetsonate, Vyf Bagatelles van Finzi, Lutoslawski se gewilde Danspreludes en Poulenc se klarinetsonate.

Share This Story, Choose Your Platform!