Moederkerk Orrelweek
5 March 2018 @ 1:15 pm - 9 March 2018 @ 1:45 pm
| R60Fantasia is die tema van vanjaar se gewilde reeks middaguur-orrelkonserte in die Moederkerk. ‘n Fantasia is ‘n musiekwerk in vrye vorm met ‘n improvisatoriese karakter. Elke orrelis se program sal ‘n orrelfantasie insluit. Drie Stellenbosse orreliste, Zorada Temmingh, Winand Grundling en Mario Nell tree weer op. Eon Malan en Christopher Petri is beurswenner-studente aan die US. Ons besoekende orrelis is Grant Bräsler van die St George’s Katedraal in Kaapstad. Die volgende Fantasieë word gehoor: Eon Malan – Fantasie en Fuga in C mineur BWV 537 (Bach) Christopher Petrie – Fantasie in G mineur (Pachelbel) Winand Grundling – Fantasie in F mineur K 608 (Mozart) Grant Brasler – Fantasie en Fuga op die tema B-A-C-H (Liszt) Mario Nell – Fantasie no 1 in E-mol majeur (Saint-Saens) Zorada Temmingh – Fantasie Oh, Lord, what a Morning (improvisasie).