Loading Events

 

Die Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en politieke ikoon Denis Goldberg sal sy lewensverhaal vertel in ’n nuwe komposisie deur die Suid-Afrikaanse komponis Matthijs van Dijk.

Goldberg is in 1933 gebore en het in ’n huis grootgeword wat toegewy was aan teenstand teen apartheid. Hy was betrokke by die Kongres van die Mense en die ontwikkeling van die Vryheidsmanifes in 1954/55, en is vir vier maande aangehou tydens die noodtoestand in 1960 ná die Sharpeville-slagting.

Goldberg het aangesluit by die ANC se militêre vleuel, uMkhonto we Sizwe, met die stigtng daarvan in 1963. Op 11 Julie 1963 is hy by die Liliesleaf-plaas in Rivonia, Johannesburg, in hegtenis geneem en saam met oudpresident Nelson Mandela en ander onder die Wet op Sabotasie aangekla van onder meer sameswering om die staat omver te werp. Hy is op 12 Junie 1964 vier keer tot lewenslange tronkstraf gevonnis, maar is op 28 Februarie 1985 vrygelaat, na aanhoudung van 22 jaar. Ná sy vrylating het Goldberg in ballingskap in die Verenigde Koninkryk gewoon, en in 2002 na Suid-Afrika teruggekeer.

Van Dijk se werk, getiteld Moments in a Life, bestaan uit verhale gebaseer op verskeie belangrike momente uit Goldberg se lewe. Die teks is ontleen aan Goldberg se outobiografie, A life for FreedomThe Mission to end Racism in South Africa.

By dieselfde geleentheid word Mahler se Das Lied von der Erde, aangebied, met van die voorste Suid-Afrikaanse kunstenaars: Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan) en Stéfan Louw (tenoor).

 

Share This Story, Choose Your Platform!