Mozart se Requiem
24 March 2018 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks bied u graag Mozart se beroemde Requiem-mis aan op Saterdag 24 Maart om 20h00 en Sondag 25 Maart om 16h30, beide in die Endlersaal, Stellenbosch. Hierdie tydlose werk word uitgevoer deur die Canticum Novum, saam met die Universiteit van Stellenbosch se Simfonieorkes (USSO) onder die leiding van Louis van der Watt, met vokale soliste van die Konservatorium se sangafdeling.
Vanjaar is die 21ste opeenvolgende jaar dat dié koor gewyde musiek vir koor en orkes uitvoer. Die Canticum Novum – die Latynse term vir Nuwe Lied – is uniek daarin dat hulle toegespits is op die uitvoering van gewyde musiek. Dit is een van die oudste koorgroepe in Suid-Afrika, en bestaan grootliks uit studente en werkende jongmense. Die uitsonderlike standaard van hulle voordragte het in 2014 gelei tot die uitnodiging om in die New Yorkse Carnegie Hall op te tree.
Mozart se Requiem was sy laaste, maar onvoltooide komposisie. Sy weduwee, Constanze, het dit dus na sy dood (Desember 1791) onderneem om die werk op die basis van die komponis se sketse te voltooi. Een van die medewerkers was ‘n Mozart-student, Franz Xavier Süssmayr, en die taak was reeds in Februarie 1792 afgehandel. Ten spyte van die werk se agtergrond geld die Requiem steeds as ‘n uitdrukkingsvolle en roerende dokument, en is een van die komponis se bekendste en mees geliefde komposisies. Moenie hierdie geleentheid misloop nie.
Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en ook by die deur.
Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.