Loading Events

Skoonheid in variasie, variasie in skoonheid

Prof Nina Schumann, hoof van die klavierafdeling aan die musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch, en artistieke direkteur van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, het geen bekendstelling nodig vir Wes-Kaapse gehore nie. Sy identifiseer hierdie soloprogram as  Skoonheid in variasie, variasie in skoonheid , en het vir dié doel ‘n program saamgestel van werke van Bach, Mendelssohn, Rachmaninof en Medtner. Die teenoormekaarplasing van hierdie vier toonkunstenaars dien nie slegs as illustrasie van die tradisionele variasie-beginsel en die voorstelling daarvan nie, maar ook die moontlikhed van ‘n onderlige gesprek deur die groep oor hulle individuele estetiese opvattings. As ‘n program wat hoogtepunte uit die klavierrepertorium en -tegniek bevat, kan dit nie anders nie as om ‘n emosionele tour de force van buitengewone trefkrag te wees.

Hou asseblief in gedagte dat alle lewendige uitvoerings slegs voorsiening maak vir ‘n maksimum van 150 luisteraars in die Endlersaal. Die Universiteit se veiligheidsprotokolle is ook hier van toepassing.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse, studente, en skoliere) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur ‘n uur voor konsertanvang. Vir meer inligting kan met Fiona Grayer by   concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!