Odeion Musiekskool Camerata
21 October 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks kondig graag aan ‘n uitvoering deur die Camerata van die Odeion Musiekskool (OMC) van die Universiteit van die Vrystaat, op Saterdag 21 Oktober om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.
Die Camerata is gestig in 2012 as die Odeion Musiekskool se vlagskip-kamerorkes, as beeld van uitnemendheid van die instansie. Sedert die stigting is reeds 15 werkopdragte aan Suid-Afrikaanse gegee.
Die repertorium vir die konsert is die gevolg van die Camerata se deelname aan die Internasionale Ictus-kompetisie, waar die groep die eerste prys ontvang het in die kategorie Konservatorium- en Universiteitsorkeste. ‘n Deel van die konsert is opgedra aan die Suid-Afrikaanse komponis Hendrik Hofmeyr, wat vanjaar sy sestigste verjaarddag vier. Die ensemble sal werke van Hofmeyr uitvoer wat in opdrag van die Camerata geskryf is, waaronde sy Super Flumina Babylonis, Notturno Elegiaco, en sy Spokewals. By dieselfde geleentheid sal Anmari van der Westhuizen Hofmeyr se vindingryke Cadenza vir solo-tjello uitvoer. Die Klarinet-concertino van ‘n ander Suid-Afrikaner, Keith Moss, is ‘n opdrag van die OMC vir die Musiekskool se eerste Internasionale Klarinet-Extravaganza van 2016, en sal uitgevoer word deur Naledi Dweba as solis. Die res van die program sal gewy wees aan korter werke van Bach, Gallus, Puccini, Mascagni en Vasks. Die OMC sal onder die leiding van hul vaste dirigent, oud-Matie Xavier Cloete, met die oud-Kovsie, altviolis Elsabe Raath van Birmingham, as mentor.