Loading Events

Reis saam met Pierrot se Twilight Ensemble na ‘n wêreld van vars perspektiewe wat die gaping tussen klassieke en kontemporêre genres oorbrug, en wat ‘n psigedeliese ouditiewe avontuur beloof. Die program sluit in Schoenberg se Pierrot Lunaire, die ikoniese toonsetting vir kamer-ensemble van Albert Giraud se 21 gedigte oor Pierrot, die maansiek nar, verlore in ‘n surrealistiese landskap van liefde, waansin en verlange. Ander werke sluit in Guillaume Connesson se samesmelting van klassieke tradisie met die polsende ritmes van tegnomusiek, in Techno-Parade. Die rockgroep Radiohead word gevier in ‘n opdrag-verwerking deur Matthijs van Dijk van hul treffer, Paranoid Android. Luisteraars sal ook na deur die oer-oue kletiese klanke van Ierland in Frank Martin se Trio on Irish Folk Tunes vervoer word, wat aan die gewilde Pirates of the Caribbeanklankbane herinner.
Hierdie konsert, wat die grense van klassieke musiek uitstrek, beloof ‘n lewenskragtige musikale ervaring deur die prisma van virtuose kamermusiek.

met:
Magdaleen Minnaar (sang), José Dias (klavier), Petrus Coetzee (viool, altviool), Peter Martens (tjello), Gabriele von Dürckheim (fluit, piccolo), Féroll-Jon Davids (klarinet, basklarinet)

Share This Story, Choose Your Platform!