Loading Events

Die Italiaanse fluitis Raffaele Trevisani is een van die min leerlinge van Sir James Galway. Trevisani se goue fluit, tesame met pianis Paila Girardi se ondersteunende musikale sensitiwiteit is waarborge vir ‘n fassinerende reis deur ‘n repertoire wat toehespits is op die fluit as soloinstrument.

Die program sluit in Corelli se La Folia-variasies, Poulenc se fluitsonate. Dvorak se sonatine vir die fluit, op.100. Die fluitprogram maak ook ‘n dramatiese besoek aan die opera, met drie fantasieë op temas uit operas van Rossini en Verdi. Vir die slotitem word Trevisani bygestaan deur Corvin Matei vir ‘n uitvoering van Doppler se Andante and Rondo vir twee fluite en klavier.

Die uitvoering vind plaas op Maandag 6 Maart om 18h00 in die Fismersaal.

Share This Story, Choose Your Platform!