Rudolph de Vos (orrel)
1 September 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die 2017 SAKOV Nasionale Beurskompetisie en orrelwerkswinkel vind vanjaar in Stellenbosch plaas. Die geleentheid begin met ‘n solo-uitvoering deur die internasionaal bekende orrelis Rudolph de Vos in die Endlersaal op Vrydag 1 September om 20h00.
Die Suid-Afrikaans-gebore De Vos het reeds in Suid-Afrika, Europa en die Verenigde State opgetree. Hy is ‘n NG Kerk-pastorieseun, en sy liefde vir die orrel en koormusiek het vroeg begin, sodat hy reeds as elfjarige as kerkorrelis in Johannesburg opgetree het. In Suid-Afrika was hy die wenner van etlike klaviatuur-kompetisies, insluitende die bekendste orrelbeurs, die Stephanus Zondagh beurs vir buitelandse studie.
Dr. De Vos het voorgraadse opleiding van die Universiteite van Suid_Afrika, Pretoria en North Texas gehad, en die doktorale status aan Eastman Musiekskool behaal.
Sy program sluit werke in van Ropartz, Laurin, Bach, Walther, Bovet, Mendelssohn, Dandrieu, Guilmant, Widor en Vierne.
Kaartjies is beskikbaar teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358. Vir meer inligting oor werkswinkels skakel Johann Enslin by jenslin@hugenoteskool.co.za.