Samewerkingskonsert: UCT Operaskool / US Stemafdeling
11 March 2022 @ 7:00 pm - 8:30 pm
| R80 – R120Uitvoerings deur die gesamentlike kragte van die Kaapstadse Operaskool en die sangafdeling van die plaaslike Musiekdepartement vind plaas op Donderdag 10 Maart om 7:30 nm by die Baxter-teater, Kaapstad, en op Vrydag 11 Maart om 7nm in die Endlersaal, Stellenbosch.
Onderliggend aan die program is twee idees wat die keuse van liedere bepaal het: die viering van kreatiewe vroue, en die tema van die liefde. Die meerderheid van die liedtoonsettings is dié van Lili Boulanger, uit haar lisiklus Clairi res dans le ciel, op gedigte van die Franse simbolisttiese digter Francis Jammes. Die res van die program word gewy aan liedere van Jules Massenet, maar op tekste van vrouedigters.
Sewe sangers van die twee institusies sal een lied voordra, en dan die teks van die volgende lied in Engels voordra. Die doelwit van hierdie projek is die ontwikkeling van taalvaardighed, met betrekking tot die kommunikasie van subtiele ondertone van betekenis, en sodoende sensitiwiteit van musikale uitdrukking te verhoog. Studente word versoek om ‘n uitdrukkingsvolle en kommunikatiewe vertaling aan te bied, en verskillende betekenisse te bespreek, asook om sulke betekenisse in die musiek aan te toon. Studente sal begelei word deur die Hoof van die Operaskool, Jeremy Silver.
Hou asseblief in gedagte by alle lewendige aanbiedings daar ‘n beperking van 150 luisteraars in die saal is, en dat alle veiligheidsprotokolle van die Universiteit streng nagevolg word.
Kaartjies teen R120 (gewoon) en R80 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans beskikbaar by Computicket en by die deur ‘n uur voor aanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.