Schola Cantorum
22 April 2018 @ 3:00 pm - 4:00 pm
| R50 – R140Die Endler Konsertreeks bied graag aan ‘n uitvoering deur die Schola Cantorum – die ajademiese kamerkoor en residentkoor van die musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch – op Sondag 22 April om 15h00 in die Moederkerk, Stellenbosch.
Die kamerkoor is gestig met die doel om nagraadse koorleidingstudente te ondersteun, en het reeds internasionale aandag getrek.
Die program met die titel “400 – Vier eeue van koormusiek ” sluit werke in van sleutelfigue uit die Europese koormusiektradisie, soos Monteverdi, Byrd, J.S. Bach, Mendelssohn and Vierne.
De kamerkoor word gelei deur Martin Berger, voorheen van die Würzburg-katedraal in Duitsland, en professor aan die Robert Schumann Musikhochschule in Düsseldorf. Berger is reeds ‘n erkende leier op die plaaslike gebied van die koortradisie. Die koor word begelei deur orrelis Diederick Basson.
Hierdie konsert is ‘n unieke geleentheid om ‘n professionele voordrag van uitgesoekte koormusiek te ervaar.
Kaartjies teen R140 (gewoon), R100 (pensioenarisse) en R50 (studente) is nou beskikbaar by Computicket, en ook by die deur. Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.