Schola Cantorum o.l.v. Martin Berger
14 May 2017 @ 4:30 pm - 6:30 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks stel graag die Departement Musiek se akademiese kamerkoor, die Schola Cantorum voor op Sondag 14 Mei om 16h30 in die Endlersaal. Hierdie koor, wat in die lewe geroep is vir die uitsluitlike doel as instrument vir studente in koorleiding, het reeds internasionale aandag getrek. Die koor staan onder die leiding van Martin Berger, die voormalige musiekdirekteur by die Katedraal in Würzburg, en professor by die Robert-Schumann Musikhochschule in Düsseldorf. Berger het hom reeds goed gevestig as ‘n leier op die plaaslike gebied van koorleiding.
Die konsert dra die titel In Spiritu…, en dus toegespits op geestelike musiek vir koor en orrel, met Diederick Basson as orrelis. Die eerste helfte van die program bevat Arvo Pärt se Berliner Messe, ’n werk waarvan die onderafdelings ‘n verskeidenheid teksture en vorme aanneem – vanaf diepsinnige duette tot geloofsuitinge vir die volle koor. Die program sluit ook werke in soos Gardiner se Evening Hymn, Monteverdi se himne Ave maris stella, Gjeilo se Ubi caritas, Duruflé se Ubi caritas et Amor, Grieg se Ave maris stella, Vierne se Messe solenelle (Sanctus / Benedictus / Agnus Dei) en Parry se I was glad.