Bach se “Kersfeesoratorium”
8 October 2017 @ 4:30 pm - 6:30 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks kondig graag aan ‘n uitvoering van J. S. Bach se Kersfeesoratorium (Weihnachts-Oratorium, BWV 248) op Sondag 8 Oktober 2017 om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch. Die musiekdirekteur Martin Berger sal aan die leiding staan van die Stellenbosch Universiteit se Camerata, met die Schola Cantorum, en ‘n vokale kwartet as soliste.
Die uitvoering sal die eerste drie dele van hierdie gevierde werk uit Sebastian Bach se oeuvre uitvoer, ‘n werk wat as hooftema die geboorte van Christus het. Hierdie belangrike bydrae uit die musiek van die laat-Barok maak gebruik van ‘n verskeidenheid van musikale vome en teksture, waar onder, benewens strykers, ‘n groot groep blasers, insluitend vier hobos, drie trompette, twee fluite en fagot. Soos in die geval van Bach se twee passie-komposisies, maak die Kersfeesoratorium ook gebruik van ‘n Evangelis, die verteller van die verhaal, asook vokale soliste en ‘n koor. Karakters soos die skaapwagters, wyse manne, ‘n engel, en koning Herodes figureer almal in die verhaal.
Die tenoor Nicholas Nicolaidis sal die rol van die Evangelis, asook die tenoor-arias in die werk waarneem. Die ander soliste is die sopraan Lauren Dasappa, kontratenoor Olusegun Soyemi, en die bas Luxolo Jule.
Maak seker dat u nie hierdie fees van gewyde musiek misloop nie.