Schulhoff se Concertino
21 May 2021 @ 7:00 pm - 8:30 pm
| R80 – R120Vir die lewendige konsert van 21 Mei kom drie hoofspelers van die Kaapstadse Filharmonie-orkes byeen vir onder meer die onverwagse juweel van Erwin Schulhoff se Concertino vir fluit, altviool en kontrabas. Hulle is Gabriele von Dürckheim (fluit en piccolo), Petrus Coetzee (altviool) en Roxane Steffen (kontrabas).
Schulhoff (1894–1942) was ‘n Tsjeggiese musikus-komponis, gebore in Praag, in ‘n Joods-Duitse familie. Sy lewe is beëindig in 1942 by die konsentrasiekamp van Weißenburg. Schulhoff se Concertino dateer uit 1925.
Dié ongewone samestelling van drie uiteenlopende soloinstrumente word deur Gabriele, Petrus en Roxane gebruik in die openingstrio van Mysliveček, en hulle vaardighede verder toon in duo’s van Geminiani, Glière en Devienne, voor die finale, met Schulhoff se concertino.
Hou asseblief in gedagte dat veiligheidsprokolle en bepalings streng nagevolg sal word, en dat die getal luisteraars in die Endler tot ‘n maksimum van 100 beperk word. U veiligheid en die van ons studente en patronate is ‘n prioriteit.
Die konsert vind plaas op Vrydag 21 Mei om 7nm. Kaartjies teen R120 (gewoon) en R80 (pensioenarisse en studente) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur ‘n uur voor aanvang. Kredietkaartfasiliteite en SnapScan-betalings is ook moontlik. Vir meer inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.