Simfoniese Koorkonsert
19 March 2022 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Op 18 en 19 Maart keer koormusiek terug na die Endlersaal, met die Schola Cantorum, saam met die Stellenbosch Universiteit se Camerata, gelei deur respektiewelik Martin Berger en Suzanne Martens.
Die Covid-pandemie was een van daardie gebeurtenisse wat die onlangse geskiedenis van die mensdom ingrypend verander het. In die musiek word atwoorde op sulke katastrofes gehanteer by wyse van die kwessie van betekenis.
In Brahms se toonsetting van Hölderlin se gedig Schicksalslied, is die onderwerp die kontras tussen die paradys en die werklike wêreld. Hiervolgens is die verskil tussen dié twee wêrelde die menslike bestemming. Terwyl die lewe in die paradys nie deur hierdie waarheid geraak word nie, en op ‘n ewige bestaan dui, word die aardse lewe gereeld verpletter deur die onverwagte, tragiese en die irrasionele. In die finale van die toonsetting word gesuggereer dat musiek troos kan bied in sulke situasies – as die enigste medium tussen die aardse en en die komende paradys.
In Charles Ives se The unanswered Question stel die komponis die alomteenwoordige vraag na betekenis: waarom is lyding op aarde nodig?
In sy mistoonsetting verskaf Antonin Dvořak ‘n religieuse vertolking van die genadebegrip, die lof van God, en die erkenning van sy geloof in die skoonheid van die musiek.
Soliste vir hierdie konsert sluit in Elsabé Richter (sopraan),Vasti Zeeman-Knoesen (alt), Jason Atherton (tenoor), Keaton Manwaring (bas), met Mario Nell (orrel).
Hierdie konsert word ruim ondersteun deur die Ohlthaver Trust.
Konserte op beide Vrydag 18 Maart en Saterdag 19 Maart begin om 8 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Hou asseblief in gedagte by alle lewendige aanbiedings daar ‘n beperking van 100 luisteraars in die saal is, en dat alle veiligheidsprotokolle van die Universiteit streng nagevolg word.
Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans beskikbaar by Computicket en by die deur ‘n uur voor aanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.