Spieëlbeeld
10 March 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R130Spieëlbeeld/Mirror Image is ‘n ondersoek na die rol van filmmusiek, deur die wisselwerking tussen beeld en klank, meer spesifiek vanuit die die oogpunt van musiek wat die beeld dien, en omgekeerd beeld as aanvulling van die musiek. Hierdie oënskynlik teenstellende rolle word aangebied in die vorm van twee kortfilms: Foto, waarin die musiek funksioneer as basis vir ‘n tradisionele narratief in ‘n kommersiële film, en Oggendgloed/Aandskemering, waarin ‘n reeds bestaande orkeswerk van Jan-Hendrik Harley gevisualiseer word deur die bekroonde landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe. Foto is oorspronklik vervaardig vir die 2015 Kyknet-Silwerskermfees, terwyl Oggendgloed/Aandskemering sy eerste uitvoering tydens die Woordfees van 2017.
Die aanbieding vind plaas op Vrydag 10 Maart om 20h00 in die Endlersaal.