Stellenbosch Universiteits-Jazz Band
25 March 2022 @ 7:00 pm - 9:00 pm
| R60 – R100Die Endler Konsertreeks bied graag Fiësta-wenners in die gestalte van die Stellenbosch Universiteits-Jazz Band op Vrydag 25 Maart om 7 nm in die Endlersaal.
Hoerdie orkes is een van die ensembles wat tot stand gekom het deur die Musiekdepartement se Sertifikaatprogramme, wat juis in die lewe geroep is om lede van die breër gemeenskap toe te rus met musikale leesvaardighede en instrumentale spel. Hierdeur word ook die moontlikheid geskep om toelating tot ‘n BMus- of Diploma- programme op tersiêre vlak te verkry. Met verloop van tyd het die ensemble bekendheid verwerf as ‘n bekwame groep, wat met kunstenaars soos Sibongile Khumalo, Judith Sephuma, Jannie Moolman, Gloria Bosman, Louis Loock, PJ Powers, Corlea Botha, Amanda Strydom, Timothy Moloi, Tete Mbambisa en Tarryn Lamb op te tree, onder die leiding van Felicia Lesch.
Hierdie konsert word aangebied in samewerking met die internasionale jazz-basspeler Martin Zenker en die plaaslike basspeler Schalk Joubert. Die program is ‘n aanbieding van plaaslike jazz-items, en studentesoliste sal ook deelneem.
Hou asseblief in gedagte by alle lewendige aanbiedings daar ‘n beperking van 100 luisteraars in die saal is, en dat alle veiligheidsprotokolle van die Universiteit streng nagevolg word.
Kaartjies teen R100 (gewoon) en R60 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans beskikbaar by Computicket en by die deur ‘n uur voor aanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.