Loading Events

Die Endler Konsertreeks bied u met trots die Stellenbosch Universiteitskoor op Saterdag 6 Mei om 20h00 en Sondag 7 Mei om 16h30 in die Endlersaal. Die koor sal ook by hierdie geleentheid hulle onlangs opname-album (met die titel Shadows and Wings) bekendstel.

Die Universiteitskoor is een van die oudste en mees gevierde kore in die land, en word saamgestel uit studente met ‘n verskeidenheid akademiese en kulturele agtergrond, wat aan hulle voordragte ‘n opwindende energie verleen. Onder die leiding van André van der Merwe het die koor wêreldwyd agting en bewondering afgedwing ydens hulle optredes by geleenthede soos die Wêreld-koorspele in China (2010), Cincinnati (2012, asook Litoue (2014), waartydens hulle gepresteer het met die hoogste puntetoekenning ooit, nl. van 99%. Meer onlangs tydens die Koorspele in Sochi (Rusland, 2016), het die koor weer eens al drie kategorieë gewen het, met ‘n totaal van 96%. Die koor beklee tans die eerste plek in die Interkultur-ranglys van die belangrikste 1000 kore wêreldwyd.

Drie nuwe komposisies sal tydens die konsert hulle Suid-Afrkaanse debuut maak: The Witch van Hideki Chiara (Japan), A Drop in the Ocean en Heaven’s Flock  – beide werke van die Litouse komponis Eriks Esenvalds. In ligter trant is nuwe verwerkings van populêre liedjies soos Tracy Chapman se Fast Car, Roland Orzabal se Mad World, Ed Sheeran se Photograph en Joshua se Sekelmaan en Vir Altyd. Die res van die program bestaan ook uit ‘n opwindende groep werke wat in enige gehoor se smaak sal val.

Share This Story, Choose Your Platform!