Loading Events

Die Endler Konsertreeks presenteer met trots die pryswenner Jazz Band van die Universiteit van Stellenbosch, met die oog op ‘n fondsinsamelingskonsert op Saterdag 19 November om 5nm in die Endlersaal.

Hierdie orkes is een van die ensembles wat tot stand gekom het deur die Musiekdepartement se Sertifikaatprogramme, wat juis in die lewe geroep is om lede van die breër gemeenskap toe te rus met musikale leesvaardighede en instrumentale spel. Hierdeur word ook die moontlikheid geskep om toelating tot ‘n BMus- of Diploma- programme op tersiêre vlak te verkry. Met verloop van tyd het die ensemble bekendheid verwerf as ‘n bekwame groep, wat met kunstenaars soos Sibongile Khumalo, Judith Sephuma, Jannie Moolman, Gloria Bosman, Louis Loock, PJ Powers, Corlea Botha, Amanda Strydom, Timothy Moloi, Tete Mbambisa en Tarryn Lamb op te tree, onder die leiding van Felicia Lesch.

Die orkes maak ook voorsiening vir gaskunstenaars, insluitend jazz-pianis Ramon Alexander, Annemie Nel (slagwerk) en Shaun Johannes as basspeler. Die program bring hulde aan Suid-Afrikaanse komposisies, met studente Nico Miso and Jodie Cedras, in sommige items.

Studente van die Sertifikaatprogramme se gemeenskapsvennote, die Steenberg Hoërskoolorkes sal ook die verhoog deel. Die Konserv se Jazz-Kollektiv sal in die foyer optree voor die konsert.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (pensioenarisse, studente, en skoliere) is tans beskikbaar by Webtickets asook by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!