Stockholm Saxofoonkwartet
20 February 2018 @ 1:10 pm - 1:50 pm
| FreeDie Stockholm Saxofoonkwartet maak ‘n spesiale bydrae deur hulle opdragte aan komponiste vir saxofoon-kamermusiek, en meer as 600 werke is reeds vir hulle geskryf. Hulle spesialiseer ook in gevorderde elektro-akoestiese musiek.
Die groep het noue bande met komponiste binne en buite Swede, asook met moontlike toekomstige komponiste, veral dié verbonde aan die Koninklike Musiekkollege in Stockholm. Die lede van die kwartet is gereelde deelnemers aan konserte, en is in gereelde kontak met kunstenaars buite hulle eie gebied.
Hulle ateljees in die Tulegatan 53 huisves ook hulle kantore en opnamegeriewe, en is ‘n brandpunt vir ontmoetings met musici, komponiste choreograwe en ander kunstenaars, in die vorm van werkswinkels, diskussies en konserte op klein skaal. Die fokuspunt van die groep is die hedendaagse musiek.
Toegang is GRATIS, en word geborg deur die Sweedse ambassade en Sweedse Kunsteraad, SAMRO, Africa Open, die Helge Ax:son Johnsons Stigting. Die geleentheid word aangebied as deel van die Eensuur-konsertreeks van die Universiteit van Stellenbosch se Musiekdepartement.