

US JAZZ AFDELING SKOUSPEL met Hilton Shilder & Bheki Khoza
May 17 @ 4:00 pm - 6:00 pm
| from R65Die jazzafdeling van die US Departement Musiek bring twee Suid-Afrikaanse jazz-ikone na die verhoog. Hilton Schilder, Kaapse komponis, multi-instrumentalis en Kaapse Jazz-ikoon, en Bheki Khoza, die gevierde jazzkitaarspeler van Durban, sal die Endlersaal betower.
Hierdie konsert is ’n samewerkingsprojek tussen dié twee legendariese kunstenaars, die US Jazz Band en Ramon Alexander se Maties Jazz Society. Schilder se musiek is vir die US Jazz Band verwerk en gedirigeer deur Pascal Haas. Die program beloof om die afdeling se toewyding aan die behoud en viering van Suid-Afrikaanse jazz ten toon te stel.
Die konsert sal ook sang, viool en fluit insluit—gespeel deur studente van die US Konservatorium—om brûe te bou tussen Westerse klassieke musiek en jazz. Hierdie vertoning vier die musikale nalatenskap van Khoza en Schilder en neem hul klank na nuwe hoogtes. Moenie hierdie unieke ervaring misloop nie—waar tradisie en innovasie in ’n skouspelagtige jazzbelewenis saamvloei!
Tickets | Kaartjies:
R165 | R125 (pensioners | pensionarisse)
R65 (students | studente)