Loading Events

Maak gereed vir ‘n onvergeetlike aand by die SU / UCT Big Band Blast! Hierdie dubbele Big Band-extravaganza, met die bands van die Universiteit Stellenbosch (olv Pascal Haas) en die Universiteit Kaapstad (olv Amanda Tiffin) beloof ‘n aand propvol uitstaande jazz. Die program bevat ‘n keurspel van SA jazz wat ons kultuur en unieke musikale erfenis vier. Benewens die viering van big band-musiek, bied hierdie vertoning ook ‘n geleentheid om konneksie en samewerking tussen twee gesogte universiteite en musiek departemente te bevorder, verenig in hul toewyding tot hoogste gehalte musik maak.

Share This Story, Choose Your Platform!